Ek het nou al lank die liefde om so nou en dan neer te skryf (tik!) waarmee ek besig is. Dis lekker om dit met ander mense te deel, nie omdat ek windgat wil wees nie, maar meer omdat ek so versot is op my werk, die feit dat elke dag verskil en mens die interessantste mense ontmoet. Facebook was `n lekker platform vir so iets, maar ongelukkig verkies ek om nie kliente op my privaat Facebook te hê nie. Dis bloot net goed om so nou en dan jou werk en alledaagse kommentaar van mekaar te kan skei.
Weebly, wat ek tans gebruik om hierdie website te bou, karring altyd dat meeste websites `n Blog het om verkeer gereeld terug te laat kom. Nou ja, hier is dan nou my kans. Die Blog is natuurlik `n baie persoonlike ding. Daarom skryf ek dit in Afrikaans, want dis tog wie ek is. My idee is om soms sommer te skryf oor interessante projekte waaraan ek werk, shows, mense op my pad en so nou en dan die dingetjies wat ek buite die studio doen. Die dinge wat soms op my privaat Facebook muur beland en ander nie altyd kan sien nie. Maar ek dink dit gaan ook maar `n "mixed bag" wees. My passie vir produksie werk, idees en tips en tricks is net so groot. So soms sal `n Blog post baie meer tegnies van aard wees, daarom sal ek kategorieë gebruik om dit te beheer en nie mense te verveel nie! |
Jaco bezuidenhout
I'm the owner of the studio. In this Blog I intend to write short pieces on everyday life in the studio, the things I do, the things I learned and sometimes the fun things I do outside of studio. Be it an interesting theatre production or something happening at my favourite coffee joint! ArchivesCategories |