This section is in Afrikaans as classes are presented in Afrikaans. English classes can be presented on request.
Biologie en Sielkinde...! Is dit so eenvoudig? Ja en nee.
Ek dink sangtegniek het baie fasette, maar iewers wanneer jy met iets sukkel is dit of biologies iets wat jy verkeerd doen met jou stem jou asmehaleng ens. of iets wat jou kop vir jou sê jy nie kan doen nie.
Na jare as sangonderwyser, klankoperateur musiekvervaardiger en musiekregisseur het ek al met baie stemme gewerk! En so ook mense se probleme ontdek met sangtegniek. Daarom het ek `n vars werkswinkel gaan skep wat na alle aspekte van vooraf kyk. Baie mense kan goed sing, maar as jy `n expert van jou 'craft' is gaan jy weet wat om te doen wanneer dinge nie so maklik is, soos wanneer jy stres voor `n kompetissie of siek is voor `n sangeksamen of jou eerste 2-ure show moet doen.
Die werkswinkel is gemaklik, interaktief en vol multimedia om die visuele geslag geïnteresseerd te hou. Ons kyk weer na jou postuur, asembeheer, die Alexandertegniek van asemhaling, stembeheer ens. Ons praat oor style van musiek, mikrofoontegniek, die toerusting wat `n sanger kan gebruik soos mikrofoonstaanders en die basiese terme van klanktoerusting.
Daar is ook `n praktiese afdeling waar `n student as proefkonyn `n onvoorbereide lied in die studiotoerusting kan kom insing en dan word dit ontleed en bespreek. Met MELODYNE kan ons byvoorbeeld sien waar intonasie probleme voorkom en oormatig asem verloor word. `n Kort klassie word gedoen en probleme aangespreek en die lied word weer opgeneem. In my lyn van werk het ek al gevind dat ons in 20- 30 minute net soveel uitgerig kry met `n sanger as wat normaalweg in weke se klasse bereik word, bloot omdat ek deur tydsbeperking dadelik `n probleem moet aanspreek voor ons nog `n take kan vat en die tegnieke wat ek gebruik is altyd eenvoudig en doeltreffend om vinnig resultate te kan lewer.
Om so `n werkswinkel te bespreek in jou dorp, kontak my gerus onder by die knoppie of op sosiale media skakels!